top of page
Writer's pictureMadel Fourie

24 Salisbury Straat

My kinders se kinderhuis

Behoort nou aan iemand anders

Ek staar na die mure en onthou

Al die lag en huil

Die reenwoud kleur badkamer

Waar ek gaan wegkruip het

Om my trane weg te steek

En ‘n sigaret te rook

En die sypaadjie waar ek sonder

Skrome gaan sit het

Wydsbeen en verlore

Die garage deur wat nooit wou toe nie

En die fietse wat gesteel was

Die firepit in die agteryard

Waar ons so bietjie van realiteit vergeet het

Die boks sak waar ek van frustrasies kon ontslae raak

En die sement mure

Ek onthou die straat

waar mense rustig stap met hul honde

Om asem te haal in suburbia

Die geluid van vliegtuie waar mense

escape na plekke ver heen

(soms gewens dit was ek)

Die gedreun van die trein op Belville se stasie

waar baie siele hul pad maak om geldjie te verdien

Sirene geluide innie nag wat aankondig

dat iemand se lot bepaal word deur hul spoed

En spoedvarke wat seker maak hulle karre

drift vinniger as hul kompetisie

Ons het groot drome gehad

en min verwesenlik

Om slakke van die tuin in die straat te

smyt of rotte te vang het groot pret verskaf

Die aande in my bed waar ek wonder waar jy is

En die honde se geblaf vir die brawes wat

oor die muur wou spring

Is in my geprent soos blueprints

Tye van lag en braai en kuier

Nou net ‘n gevriesde herinnering

Die braai kamer met sy groot vensters

wat jou laat voel jy is iewers anders

En die geskeurde trampolien

van te rof te hoog probeer spring

Die plakkies en alwyne in die tuin

wat alles net meer dor en afgelee laat lyk

(of was dit net oordat niks anders wou groei nie)

Ons rooi bank wat so deurgesit was

hy het gekreun as jy opstaan

En die kaggel wat ons huis in shebeen laat verander het

Die renovasies wat nie wou ophou

en die stemme van bouers wat opdragte uitskree

Ons nuwe kombuis wat in ‘n ‘House and Home’ tydskrif kon pronk

En die gat in die muur toe jy ‘n waterpyp

getref het

Ons dronk buur vrou wat in die driveway dans wanneer kids moes skool toe

En die Prado in die driveway wat al ons geld gesluk het

Die goeie en die slegte

Eintlik so bittersweet

Is nou iemand anders se clean canvas

Mag jul memories eer sweet as bitter wees


My kinders se kinderhuis

Behoort nou aan iemand anders









68 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n...

Comments


bottom of page