top of page

Haat



As haat 'n siekte was

sou jy 3 keer per dag na ete

jou Anti-biotica moes vat

Anti-my

Anti-alles


As haat 'n siekte was

was jy al in die intensief

met proppies en pypies

om jou gedraai,

onherkenbaar


As haat 'n siekte was

en dit was terminaal

was jy al lankal vrek

net stof in jou kis

en niemand by die funeral nie


As haat 'n siekte was

was jy sy eerste slagoffer

Toemaar, jy is nie belangrik genoeg

om die koerant

se agterblad te maak nie

so moenie stress nie


BTW Haat is 'n siekte

en hy het jou kom haal

dit is in jou menswees

jou skewe lag en

die manier wat jy na my kyk

nee, tuur

Haat is 'n siekte

en ek hoop hy vreet jou

van binne op








115 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

コメント


bottom of page