top of page

Daar was 'n tyd

Ek hou jou styf vas

En ruik jou hare onder my kennebak

Ek wil jou stywer vashou

Maar ek wil jou nie seermaak

Ek weet jy moet weer gaan

En my keel trek toe

Uit my arms geruk

Nou die nuwe norm


Ek le koud in my bed

Op lee lakens

En probeer jou stem onthou

Nou iets wat so vlietend is

Ek wil jou nog stywer vashou

Maar ek weet ek maak jou seer


Daar was ’n tyd wat ek so geliefd was

Jy was my silver lining

Jou stem, jou reuk

Jou brose self en ek ook broos

Ons twee wat probeer sin maak

Aan ons gebroke prentjie

Papierwerk het ons geskei

Pen op papier, papier en pen

Daar was ’n tyd wat ek so geliefd was

Jy was my silver lining

Jou brose self en ek ook broos

Daar was ’n tyd

35 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comments


bottom of page