top of page

Definisie




Wat is 'n ma sonder haar kinders

'n lee dop

'n niemand wat sweef

oor die dorre aardkors

kaal en verlore

leeg getap

opgekrul en verrimpeld


flitse van stemme en skater lag

'n dowwe herinnering

die band eens so styf gebind

nou slap en uitgerafel

dis mos lekker ne?

die vryheid

Is jy versot en laf?

lee beddens

netjies opgemaak

asems nerens te vinde


identiteitsloos

en gebroke

vind jouself

herontdek wie jy is!

hoor jy hulle?

die pyn tart my te veel

hoe tel mens stukkies flenters op


Wat is 'n ma sonder haar kinders

'n lee dop

'n niemand wat sweef

oor die dorre aardkors




113 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Haat

Comments


bottom of page