top of page

Definitief nie Definitief

My keel trek soms toe in die besef dat niks definitief is nie

Vandag dink jy blou werk en more is blou te blou

Daai cigarettes wat jy gedink het jy steek weg vir 'n rainy day is op

Iemand het dit skaamteloos gerook

Selfs die wolke weet hulle moet aanbeweeg en patrone maak

soms lyk hul soos worshonde ander keer soos karakters uit 'n storieboek

Ons lewe was soos 'n oop boek

Totdat ek per ongeluk koffie daaroor gemors het

en ons paar blaaie moes uitskeer ...

nou lyk die storie anders.

Ons storieboek lewe nat en opgefrommel

En die storielyn maak nie meer sin nie

Die definitiewe is nou nie meer netjies gebind of selfs definitief nie

Gaan koop jy nou 'n nuwe pakkie cigarettes

of skree vir die wolke hulle moet fokof?

Of hang jy die nat blaaitjies op

in 'n poging om sin te maak oor alles

Al wat ek weet is dat niks definitief is nie






105 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comments


bottom of page