Ek het 'n staal pypie en hy is my beste tjom
as die Mande lank raak en stiltes ongemaklik is
'n teugie hier en 'n teugie daar
so asof die pypie my verstaan
elke nou en dan raak my tjom vermis
en ek keer die huis onderstebo
om hom te vind
die stukkie staal met sy bedrieglike flavours
mango, peach, iced grape en mint
soos die flavours van suig sweets
back in the day
Jy sien
ons het 'n love/hate relationship
die dae wat ek hom nie kan verdra nie
sit ek eerder oppie stoep met 'n regte sigarette
en trek hom diep in todat ek hoes
die real smokers weet
my tjom gaannie die trick doen nie
die pypie se moer
Yorumlar