top of page

Ek is

Updated: Apr 28

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa

stuk vir stuk met Sy hand

baie keer wou ek die gare uitmekaar trek

Dit lyk dan na 'n vieslike gemors!

Een lap is gekreukel en die ander vuil

die gare verstrengel, onnetjies

en gekoek


maar... tog alles vas aan mekaar



Dan besef ek weer

ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa

Hy weet waar wat moet kom

die deurmekaar spul lappe, gare en goeitjies

het alles 'n plek

eendag wanneer ek hemelse brille dra

gaan my lappies kombers

iets wees om te aanskou

en ek gaannie aan die gare raak nie.




8 views0 comments

Recent Posts

See All

Haat

Komentarze


bottom of page