top of page

Ek sit en wag

Ek sit oppie parkie bankie

en 'n splinter steek in my boud

Die wolke bo my maak snaakse shapes

maar ek kyk al lankal nie meer na bo nie


Ek sit oppie parkie bankie

en luister hoe die snelweg raas

swart rviere waarop almal na

hul bestemming jaag


Ek sit oppie parkie bankie

terwyl 'n papiersak innie wind dans

al tergend en voor op die wa

om aan te kondig dat hy vry is


Ek sit oppie parkie bankie

en dink aan die hoeveelheid tyd wat ek gemors het

terwyl ek gewag het vir jou

tot ek stukkend was


Ek sit en ek sit

totdat ek eendag opstaan

en diep, nuwe spore begin trap

ek het nie meer die bankie nodig nie





92 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comments


bottom of page