Frikkie is weg
Ek weetnie of ek moet lag of huil nie
Seremonie hou vir my kooltjie vuur
Frikkie was ‘n jaar saammet my brandend en knaend van dag een
Hy het gelewe net so skuins duskant my groottoon daar op my sagte voetkussing
Hy was al gesny, gelaser,gebrand, gegom, en vrot piesangskille opgeplak
Maar Frikkie het bly sit
Hy het my herinner van my sondes
Hy het selfs begin brand wanneer ek weetends iets verkeerd doen
So asof hy my op die straight en narrow wou hou
Gin wonder hy het aanhou kleef en homself diep in my gewortel nie
Frikkie wou ‘n punt bewys en hy wou dit branded en duidelik maak
Ek het jou gehoor Frikkie, regtig
Ek wou dit net nie ‘hoor’ nie
Jy het eendag die pad gevat en die brandende gevoel was weg
En dit het vreemd gevoel in my binneste
Nou is ek te bang om nog ‘n tree te gee
Want jy is weg
Kommentare