Ons fotos hang teen die mure
Soos verlepte herinneringe
Van lank terug en van net nou
Ons was eens ‘n eenheid
Nou ‘n paar vreemdelinge in ’n groot stad
Ons met glimlagte wat genuine was
Nou verworpe en baie seer
Jy is nie dood nie dit is ‘n feit
O die wrede wereld
het ons behoorlik verras
Ons saam wees het verdwyn
In dik glas rame van yesteryear
Die memories vlek my hart
Nou lyk ons fotos simpel
Daar waar hul hang
My keel trek toe, my hande sweet
Ons verlepte herinneringe
Wat stadig aan my binneste te vreet.
コメント