top of page

Jaloers

Updated: Sep 18, 2023

Gister was ek jaloers, in my kar in die verkeer

die randomste plek om jouself jaloers te vind.

Daar was 'n couple in 'n kar innie baan langs my

hulle het 'n geel Corsa gery, nie enige iets fancy

Die girl wat bestuur het was seker in haar 20's

en die dude langs haar dieselfde

hul vensters was oop en hul was besig

om random gedagtes van hul dag met mekaar te deel

Hulle het so gelukkig gelyk.

Hy dood verlief en totally engaged in haar gesprek

sy carefree en beautiful

Ek het imagine hoe hul bestemming na 'n crummy woonstel was

waar vuil laundry en deurmekaar - ness deel was van die alledaagse

hul het gaan noodles eet want dis die einde van die maand

terwyl een of ander band rasperig in die agtergrond speel

hul laasste sente spandeer op bier en noodles

terwyl hul kalm wag vir nog geld om nog dieselfde te doen

so eenvoudig

Eenvoudig verlief

in hul eenvoudige kar

in hul eenvoudige gehuggie

en ek was jaloers.





101 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comments


bottom of page