top of page

Maak dit sin?


Onthou jy die keer se keer

Toe alles sin gemaak het

Jy was seker jy was in beheer

Alles opgeline in netjiese rye

Opgevou en reggepak

Daai keer wat die dag

op die regte tyd aangebreek het

En die sonsondergang so mooi was

Dat jy daarin kon verdrink

Jou prentje mooi lewe

Geraam teen die muur

Onthou jy daai keer


Alles is nou deurmekaar

Gister se mooi is vergeet

Jy hardloop holderstebolder rond

Vergeet jou lysie

En die laundry hoop op

Gister se aandete word ook vanaand sin

En die petrol liggie brand al twee dae

Jou oe brand van gisteraand se huil

En dis alweer loadshedding

Onthou jy die keer se keer

Toe alles sin gemaak het

Ek doen nie

119 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comentarios


bottom of page