top of page

Minder lemonade



Die Engelse se as die lewe jou suurlemoene

gee maak lemonade

Ek sal eerder vir my heerlike cocktail

aanmekaar slaan met ‘n buigbare strooitjie

Soos die brosjures van heerlike eiland vakansies

Ek lewe nou al 43 jaar

En het besef dat geluk nie iets wat konstant is nie

So daar is nie ‘n permanente smile op jou gesig nie

En dis ok

Wat ek wel vind is oomblikke, al is hul vlietend

Wanneer die son strale deur die donker wolke skyn

daai oomblikke is waaraan jy moet vashou

Mental fotos wat jy moet neem vir daai kere wanneer jy wonder wat de hel aangaan

My biblioteek van happy oomblikke varieer van roomys eet na 'n lekker swem innie see

My mensie wat iets oulik kwyt raak

Of die reen op ‘n sinkdak

Donderweer wanneer jy dit die minste verwag

En ‘n stywe drukkie op ‘n kak dag

Neem so veel oomblikke in,

so asof jou lewe daarvan afhang

Hoe meer memories hoe minder lemonade

tot die suur wat die lewe jou soms toedien

Jou nie pootjie nie want innie aande in jou drome

Speel die memories oor en oor

En dan maak alles sin

En selfs die moeite werd.

41 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comments


bottom of page