Soms wonder ek in my laaste asem
Of jy nog daar gaan wees
Wagtend met ope arms
Jou lyf 'n skaduwee
Gaan die lewe gekke van ons maak?
Ons as puppets op 'n ferris wheel vertoon?
Dalk is ons net 'n pipedream
hopelik nie...
Ek wens ek kon verdrink in jou arms
Jou inasem elke dag
Sonder skrome, sonder skaamte
Soos 'n dief in die nag
Jou lyf teen myne
Veilig en geliefd
Soms wonder ek met my laaste asem ...
Comments