top of page

Sonder Pretensie

Updated: Jun 13, 2022


Saamgeweef in 'n tapeserie van ons Pappa se kaart

is die volle prentjie partymaal vaag,

dog soms so helder asof ons die pad ken

hink'npink,holderstebolder paar tree vorentoe en 180 grade terug

soms arrogant en alwetend

ander kere in my dop gekruip

So toets ek die waters van 'adulting'

ek het al my tone gebrand

die pap te dik aangemaak

soms uit pure rebelsheid en onkunde

ander kere net om te voel ek het 'n pols

eendag op die horison mag ek dalk in my vel klim

sonder skaamte

sonder verskonings

sal jy my aanvaar soos ek is

of as 'n kennis beskou?

op daardie dag op daardie tyd

dalk friend of "foe"

sal ons paaie dalk skei en alles

'n herinnering word van tye wat was

of tye ingeprent in die tapesserie

jy en ek, ek en jy

net Vader tyd weet.

kom ons lewe mindfully

drink elke oomblik in soos ons laaste

kom ons wys 'n gebroke wereld 'n mooi sonsonderrgang

en laat mense glo aan 'n beter toekoms

sonder pretensie,

sonder skrome

'n toekoms vol avontuur

verwagtend in die hoop dat more vol beloftes is

die vraag op my lippe is is jy reg?




18 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comments


bottom of page