top of page

Verlore, gevind ...Verlore

My voete ongebalanseer

Op die kille sand

Staar ek woordeloos na vore

Woorde met uitroeptekens kannie ontsnap

Die golwe onthou en vergeet

En vat alles

Maar is nooit versadig nie

Ek sak dieper in die ritme van die golwe

Wees my genadig O Heer!

Hoe dieper hoe meer selfverseker

Sonder tree standvastig

Vir nou…

Tot my visie verskuif na

Die onbereikbare

En die kille sand van voor af moet dieper

Dis die ritme van seisoene

Wees my genadig O Heer!




98 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comments


bottom of page