As jy eendag alleen is
En jou entourage het verdwyn
En die wereld het jou 'n groot 'fok jou' op 'n silver skinkbord bedien
Gaan jy krummel ?
Of gaan jy opstaan, jou sigaret dooddruk op die bar counter
en uitstap
ten spyte van die skroeiende son
en 'n warm bergwind wat ongemaklik om jou dans
Sal jy direk in die son kyk sonder dat jou oe traan
En besef jy is sterker as wat jy ooit kon dink
Vreesloos is ‘n keuse
Commenti