top of page

Wanneer

Updated: Jul 5, 2023

Wanneer wolke nie meer bekende shapes maak nie

En jou roomys op jou skoen begin drup

Wanneer jou tandmuis nie meer pitch nie

En die roomyskar jingle in 'n horror movie theme song verander

Wanneer jou verbeelding meer by jou spook as om jou gelukkig te maak

En 'n bederf sweetie nie meer genoeg is om jou trane te stop nie

Wanneer jy besef jou persente kom nie van krimis Vader

En dat jul kinderdae hond nie Hemel toe is nie

Wanneer donker kamertjie speel verander in 'n vrees vir die unknown

En om mekaar te terg meer letsels laat as onskuldige pret

Wanneer die konsep van tyd ewe skielik sin maak

En jy nie meer 'n horlosie wil dra nie

Wanneer pakslae kry jou nie meer bangmaak nie en jy oopmond begin kougom kou

Wanneer skelm rook op die dak of in die agterplaas net die nodige adrenalien verskaf het maar nou nie meer genoeg nie

Wanneer valentyns dag eens op 'n tyd spesiaal was en nou net jou herinner aan eerste liefde jitters lank vergete



Dan weet jy alles het verander

En jy ook






27 views0 comments

Recent Posts

See All

Ek is

Ek is aanmekaar gestik deur my Hemelse Pappa stuk vir stuk met Sy hand baie keer wou ek die gare uitmekaar trek Dit lyk dan na 'n vieslike gemors! Een lap is gekreukel en die ander vuil die gare verst

Comments


bottom of page